Welkom

Baie welkom by die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum se webwerf en dankie dat jy besluit het om meer van ons gemeente te wete te kom.

Wie is ons?

Ons is ‘n onafhanklike, lewendige en gemaklike gemeente waar daar geestelike vryheid heers. Ons aanbid die Here in gees en in waarheid en op ’n meelewende en interaktiewe wyse. Die Bybel verklaar dat God gedurig op soek is na mense wat Hom in gees en in waarheid wil aanbid omrede Hy in opregtheid aanbid wil word.

Ons handhaaf ‘n Pinkster en Charismatiese Bedieningstyl en verleen prominensie aan die Persoon van die Heilige Gees en Hy beweeg en werk soos Hy wil, wanneer Hy wil en deur wie Hy wil. Ons is sensitief om nie die Heilige Gees se vloei in die gemeente op enige manier te blokkeer nie.

Ons kan met oorgawe verklaar dat Nuwe Lewe ’n plek is waar God met ons ontmoet en waar Hy deur Sy Gees en Woord tot ons almal spreek.

In ons soeke na God wil ons die verskillende dimensies van Sy Liefde beter leer ken sodat ons dit kan uitlewe. Dit is vir ons belangrik dat die ware Jesus liefde ‘n interaktiewe kenmerk van ons lewe sal word.

Ons is ‘n gemeente wat elkeen se Godgegewe talent en gawe wil aanwend tot uitbreiding van Sy Koninkryk. Dit is baie belangrik dat ons dit wat God in ons hart geplant het sal uitlewe en dat dit deur liefde gemotiveer sal word.

My deur staan altyd oop vir elkeen in die gemeenskap! U is welkom om my enige tyd te kontak.

Ps. Danny Boyens

GEBEURTENISSE

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum het verskeie gebeurtenisse wat vooruit beplan is vir die jaar. Selekteer enige skakel om na ons kalender-blad te skyf.

"Afskop"
Diens 2020

08 Februarie 2020

Sing'a'long
Diens

07 Maart 2020

Mighty Men
Conference

13 Maart 2020 - 15 Maart 2020

My beloved Woman's Conference

14 Maart 2020

Gemeente
"Movie" Night

03 April 2020

PROJEKTE

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum het verskeie projekte om behoeftegis te help.
Selekteer enige skakel om na ons Projekte-blad te skyf.

Werkskepping

'n Werkskeppings-projek met 'n misie om geleenthede te "skep".

Skool vir Gestremdes

'n aktiewe projek wat 'n verskil in ons samelewing maak.

Ongehude Moeders

'n Projek wat opleiding en
hulp bied vir ongehude moeders.

Haweloses

'n Projek wat geleenthede skep in 'n onvoorspelbare lewe.

Bejaardes

'n Spesiale projek wat fokus op ons land se kosbare bejaardes.

Vigsbabas

'n aktiewe projek met die fokus op vigsbabas.

Armes

Hierdie projek is nood-spesifiek en bied hulp aan armes.

Bowls of Hope

'n Spesiale projek wat voedsel verskaf aan ons gemeenskap in nood.

WERKSWINKELS

Selekteer enige afdeling vir meer informasie.

CrosLite Werkswinkel

Indien jy graag emosionele herstel, ontwikkeling en geestelike bemagtiging wil beleef dan is Croslite net vir jou.

N.L.A. BYBELSKOOL

Gedurende Maart 2012, gee God aan Pastoor Danny Boyens ‘n opdrag om ‘n Bybelskool te begin en om self die vakke te skryf.

Die rede vir die opdrag is omdat die Here volgens Amos 8:11 op die drempel staan om ’n honger t.o.v Sy Woord in die land in te stuur. Wanneer dit gebeur moet die inwoners van die Kougastreek weet waarheen om te gaan om hul honger vir die Woord te kom voed.

Die 24 Bybelskoolvakke is voltooi in 2014, wat die vrug van veertig jaar se studies van die Woord is.

Projek Statistieke

0 +
Aktiewe Projekte
0 +
Opkomende Projekte
0 +
Etes Uitgedeel
0 +
Bybels Versprei
0 +
Kleding Stukke Uitgedeel

Nuwe Lewe Tieners

Ons tieners en jeug speel ‘n baie belangrike rol in ons gemeente. 

Ons wil aan u kind (13 – 18 jaar) geleenthede bied waarin hulle as individu kan groei as gees mens, asook siels mens, maar waarin hulle God se liefde, aanvaarding en ook transformerende krag persoonlik kan ervaar.

Informasie Bord

Die informasie bord is 'n kort samevatting van die gebeurtenisse vir die maand.

Diens en selgroeptye

Verjaarsdae

Veels geluk aan die volgende lidmate wat verjaar:

Beste Wense:
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum Span
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum - Huweliksherdinking

Huweliksherdinking

Beste Wense:
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum Span

September 2020

Belangrik:

COVID-19 - Sosiale Afstand

Ons eredienste sal aanlyn beskikbaar wees.

Ons wens julle almal voorspoed en liefde toe gedurende hierdie seisoen

Projekte:

Sopkombuis - Bowls of Hope


Ons sopkombuis is aktief besig op dinsdae en donderdae gedurende September 2020.

Gebeurtenisse:

COVID-19 - Gebeurtenisse

Ons aktiwiteite vir hierdie jaar is tydelik gestop weens covid-19.

Kontak ons gerus vir meer inligting via die "Kontak Ons" Blad.

Bedieninge:

Nuwe Lewe Tieners

Die Nuwe Lewe Tieners is weer volstoom op vrydae aande.

Kontak ons gerus vir meer inligting via die "Kontak Ons" Blad.

Selgroepe

Ons het selgroepe vir die maand van September.

- Senior Selgroep
- Jeffriesbaai Selgroep
- Humansdorp Selgroep

Eksterne Aktiwiteite:

CrossLite Werkswinkel

Indien jy graag emosionele herstel, ontwikkeling en geestelike bemagtiging wil beleef dan is Croslite net vir jou. 

Dit behels verskeie interaktiewe begeleidings en werkswinkels waar opleiding gebied word wat 'n noemenswaardige verskil kan maak in jou lewe. Vir meer informasie kan U gerus kyk na die CrosLite informasie bord of Sonja Teitge kontak op +27(0)83-556-4010.

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum - Konnek

RAAK BETROKKE?

  • Wil U graag betrokke raak by ons gemeente?
  • Wil U kind graag betrokke raak by die Nuwe Lewe Tieners?
  • Wil U graag betrokke raak by ‘n Projek?

Indien U belangstel, kan U gerus die skakel(s) hieronder selekteer om na die korrekte blad geneem te word.

STUUR VIR ONS 'N VERSOEK?

Ons het ‘n platform spesiaal vir versoeke omdat ons weet hoe kragtig gebed is. 

Indien U hulp of raad benodig, volg die skakel hieronder en stuur aan ons jou versoeke of selfs ‘n versoek namens iemand anders. 

Ons span sal dan intree vir jou versoek.

ARTIKELS

Selekteer enige van die tabelle om na die blad te skyf.

Week 1

Dag 1
ONS GOD IS ALLES BEHALWE SUINIG

Nadat koning Dawid en Batseba ontug gepleeg het en ook haar man laat vermoor het, kom die profeet Nathan en bestraf die koning oor sy sonde. Hy meld dat God hom al Saul se vroue, byvroue, rykdom, skatte, grond en landerye gegee het en indien hy, wat Dawid was, gedink het dat dit te min na sy sin was, moes hy net sy mond oopgemaak het en God sou hom verder al die begeertes van sy hart gegee het…

Week 1

Dag 2
JY MAG MAAR JOU BEGEERTES AAN GOD BEKEND MAAK

Ons leef met die gedagte dat dit verkeerd is om selfsugtige gebede hemelwaarts te rig, omrede ons slegs ons behoeftes aan God bekend kan maak en nie ons begeertes nie. Ons is geleer dat “we must pray our need, not our greed”, want die Here sal nooit die begeertes, wat ons onder “greed” klassifiseer, beantwoord nie. Dit is so jammer dat ons verkeerd geleer is, want die Bybel praat twee keer meer van ons begeertes as van ons behoeftes.

Week 1

Dag 3
GOD SKEER AL SY KINDERS ONDER DIESELFDE KAM

Baie keer voel ons dat die lewe ons stief behandel net soos wat dit vir Jabez behandel het. In die dae waarin hy gelewe het, het die oudste seun met die helfte van die erfenis weggestap en is die res, wat dan oorgebly het, tussen die ander kinders verdeel. Dit blyk dat hy een van die jonger kinders was wat met ‘n mindere deel tevrede moes wees, want die lappie grond wat hy ontvang het, was heeltemal ontoereikend vir die drome wat hy vir sy lewe gekoester het.