Week 2 – Dag 1 – GEKNAKTE RIETE OP DIE LEWE SE ASHOPE

Psl 37:4  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.Psl 37:4  Delight yourself in the LORD, and he will give you the desires of your heart.Ons besef nie altyd hoe ‘n wonderlike en fantastiese wese die Here is nie. Die duiwel is lief om die Here aan die mens voor te hou as die ongenaakbare, genadelose God wat ons vir die geringste oortreding wil straf, maar dit is natuurlik van alle waarheid ontbloot. Kom ons kyk na die volgende skrifgedeelte:

Mat 12:20  ‘n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ‘n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.

Mat 12:20  The crushed stem will not be broken by him; and the feebly burning light will he not put out, till he has made righteousness overcome all.

Niks op aarde is so waardeloos as ’n geknakte riet nie, want dit is onbruikbaar, maar die Here sê in Sy woord, Hy sal die geknakte riet nie verbreek nie. Baie mense loop egter soos geknakte riete rond, want hulle voel so waardeloos en onbruikbaar in die samelewing.  Hulle selfbeeld en selfwaarde is iewers tussen die vloer en die politoer vasgetrap.

Net so ook sal die Here die rokende lamppit nie uitblus nie. Deur die hartseer van die lewe is daar soveel mense wat hul lewensvlam verloor het en loop tussen ons rond soos rokende lamppitte. Hulle voel dat hulle ’n oorlas vir andere is en dat niemand vir hulle omgee nie.

Die Here gee om vir al die miljoene geknakte riete en rokende lamppitte op die planeet, en Hy staan gereed om hulle saak namens hulle op te neem sodat Hy hulle weereens in ere kan herstel. Hy het gekom om die geknakte riete van die ashope van die lewe op te tel sodat Hy hulle selfwaarde en selfbeeld weer kan herstel; en om weereens nuwe geestelike paraffien in die menslike lampe te gooi sodat hul lewensvlam weer helde kan skyn.

Kom ons bid:

Vader ek is so bly dat U in U groot liefde en barmhartige genade nie by my sal verbygaan in my ellendige toestand nie. Ek voel so waardeloos en in almal se pad, maar tog word ek bemoedig om te besef dat U spesiaal gekom het om my geknakte lewe weereens te herstel en om my ’n nuwe vlam en lus vir die lewe in Jesus Naam te gee. Baie dankie dat U my hele lewe kom herstel en verander. Amen