Nuwe Lewe Tieners

Welkom by die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum se Jeug-blad.

Wie is Nuwe Lewe Tieners?

Ons tieners en jeug speel ‘n baie belangrike rol in ons gemeente. 

Ons wil aan u kind (13 – 18 jaar) geleenthede bied waarin hulle as individu kan groei as gees mens, asook siels mens, maar waarin hulle God se liefde, aanvaarding en ook transformerende krag persoonlik kan ervaar.

Nuwe Lewe Tieners

Ons wil ons tieners op ‘n plek bring waar:

  • Hulle met ander tieners van hul eie ouderdom kan verkeer;
  • Hulle ons tienerleiers beter kan ken om met hulle ‘n vertrouens pad te kan stap;
  • Ons tienerpastoor saam met hulle en hulle ouers hande kan neem om ‘n ondersteunigs-netwerk vir die kind te kan ontwikkel sodat hulle hul volle potensiaal as mens kan bereik, en om hulle op die weg na geestelike volwassenheid te lei.

Algemene Vrae-Lys:

U kind kan deel word deur om Pastoor Celest Wait te kontak via haar kontak nommer of gebruik te maak van enige van ons Sosiale Media opsies.

Die kontakbesonderhede is beskikbaar aan die onderkant van die web-blad.

U kind kan deel word vanaf die ouderdom van 13 tot 18. Daarna kan hy/sy inskakel by ons werkende-jeug aktiwiteite.

U is welkom om Pastoor Celest Wait te kontak vir:

  • Nodige inligting of opsies van betrokkenheid;
  • Gebedspunte asook dit wat ons benodig;

Ons is oop vir enige ondersteuning:

  • Ons vertrou God om die kinders van die Noorde, die Suide, die Ooste en die Weste vir ons in te bring;
  • Ons vertrou God vir drie bussies waarmee ons die
    tieners beter in kan vervoer van die verskeie punte af.

Jeug Aande en Tienerdienste

JEUG AANDE

Vrydae Aande

Van:

1 h00

Tot:

1 h00

TIENERSDIENSTE

Sondae Aande

Van:

1 h00

Tot:

1 h00

WAT BEHELS VRYDAE AANDE (TIENER AANDE)?

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum - Heilige Gees Leiding

HEILIGE GEES LEIDING:

Vir ons is dit meer belangrik om onder die leiding van die Heilige Gees te funksioneer.

  • Ons stel ‘n basiese program op vir ‘n Vrydagaand, maar ons lê dit voor God se voete neer en volg die leiding van die Heilige Gees.
  • Telkemale het ons aandprogramme van so aard verander waar die teenwoordigheid in die gebou inbeweeg en die Heilige Gees die kinders kom bedien, en wat ‘n voorreg is dit nie om saam met Hom te kan werk nie!
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum - Konnek

KONNEK:

Ons skep gedurende jeug aande geleenthede waarin die tieners hulself kan geniet en “fun” kan hê – waar hulle kan:

  • Aantrek volgens ‘n tema;
  • Uitreike doen in die omgewing;
  • ‘n “movie” kyk wat opvoedkundig is of ontspannend en geestelik is; 
  • Speletjies speel;
  • Leer vanuit die Woord van God.

Misie en Visie

  • Die eerste prioriteit is om die tieners in ‘n verhouding met God te kry (Joh. 1:12).
  • Die tweede prioriteit is om ‘n atmosfeer van aanbidding te skep waar die tieners ‘n geleentheid gebied word om God vrylik te loof, prys en te aanbid.
  • Die derde prioriteit is om sekere probleem areas te identifiseer en om dan saam met hulle ‘n pad van vrymaking en oorwinning te stap.
  • Die vierde prioriteit is om die tieners aan te moedig om hulle geloof prakties uit te leef sodat ander jongmense Jesus Christus in hulle kan sien.
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum - Misie en Visie

JAARPROGRAMME

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum - Kampe

TIENERKAMPE:

  • Ons hou gereeld tiener kampe by Eerste Rivier, en moedig die kinders aan om hierdie kampe, sowel as ander kerklike kampe in die omgewing by te woon.
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum - netwerk

NETWERK:

  • Ons werk saam met die tienerbedieninge van verskillende denomisasies om sodoende ‘n verskil te maak waar ons onsself bevind.

Tiener versoeke

Ons het ‘n platform spesiaal vir jou as jeug om kontak te maak met Pastoor Celest Wait. 

Indien jy raad of hulp benodig, selekteer enige van die afdelings en ons span sal intree vir jou versoek.

Nuwe Lewe Aanbiddningsentrum - Gebed

Ek kort Gebed...

Jy kan jou gebedsversoek via die sleutel hieronder stuur.

Stuur asseblief ‘n versoek as:

  • Jy gebed nodig het vir jouself.
  • Jy gebed wil vra namens iemand anders.

Ek kort Hulp...

Jy kan jou gebedsversoek via die sleutel hieronder stuur.

Stuur asseblief ‘n versoek as:

  • Jy hulp nodig het.
  • Jy weet van iemand wat dringend hulp nodig het.
  • Jy direkte kontak met ons wil maak. 

WERKENDE JEUG

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum - Werkende Jeug

AKTIWITEITE VIR WERKENDE JEUG

  • Benewens die jeugdienste wat Sondae aande gehou word, word jongmense gedurende ‘n weeksaand in selverband geakkomodeer.

Ons Jeugpastoor

C_Wait

Past. Celest Wait

Pastoor Celest Wait is tans aangestel as ons Jeug Pastoor en is betrokke by verskeie fasette van ons gemeente.

  • Toe hierdie gemeente haar beroep het, was sy die Jeugpastoor van die AGS Middelburg gemeente, Oos-Kaap. 
  • Sy is sedert 1 September 2014 deel van die bedieningsorde van hierdie gemeente.

VERWYSINGS

Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum: